Uit my mond syfer soms nog mooi woorde
My pen ink egter ‘n harde realiteit
Watter nut is daar aan positiewe
As jy bly verdrink in spyt?
Uit my mond syfer soms nog mooi woorde
My pen ink egter ‘n harde realiteit
Watter nut is daar aan positiewe
As jy bly verdrink in spyt?
Ek staan in die gang tussen twee kamers
My drome wag in een, maar hoe weet ek watter een dit is?
Te bang om te beweeg, te bang ek is verkeerd
Hoekom is my lewe altyd so fokken gekompliseerd?
Elke aand ‘n vers, voor ek aan die slaap raak
En ek wonder of my woorde ooit weer gaan saakmaak?
Onder my kombers soek ek skuiling teen die monster
Sonder versuim, in die laatnag, kom klop hy aan my venster
As jy teleurgesteld wakker skrik
Is daar dan niks sterker as koffie in die huis nie?
Langs die lamp lê’n halfgeleesde bybel
Is daar dan geen vergifnis aan die kruis nie?
Uit my mond vloei ‘n wêreld vol leuens
My pen ink egter bloot…
View original post 18 more words