Mag hierdie

Mag hierdie nuwe jaar vir jou voorspoed en geseend wees met liefde geluk en gesondheid. Ek soek vir jou die mooiste geskenkie vir die jaar – Iets baie spesiaal. Daar is so baie, maar niks is vir my so kosbaar & belangrik soos my JESUS nie. Hy kan nie wegraak of jou verlaat nie. Hy sal altyd daar wees vir jou – dit is my geskenk vandag en die hele jaar aan jou. *´¯`••Gebed: Dierbare Vader, soos die eerste strale van n nuwe dag en nog n nuwe jaar van my lewe begin skyn, kom buig ek voor U neer om my gees van dankbaarheid voor U uit te stort,
Here, dankie vir nog n nuwe jaar wat U, aan my lewens-legkaart las, nog n nuwe dag waarin ek met dankbaarheid kan opstaan en getuig U is my Almagtige God en Vader, en die voorsiener van my daaglikse bestaan.
Vader, dankie dat ek vandag die skatkis van my lewe kan oopmaak en weet U gee my weereens die geleentheid om vir my nog hemelse-skatte bymekaar te maak.
Dankie Here dat ek in diens van U, my lewe elke dag kan beplan om volgens U wee te wandel.
Vader, dankie vir die voorreg wat ek het om as ligdraer van U woord, elke dag voedingskrag aan my medemens te kan voorsien.
Dankie Here, want so wil ek altyd weet U is my God en Vader wat my vul met wysheid van kennis en krag, gevul met liefde,
Dankie dat U my n seen maak sodat ek n seen vir een en elkeen sal wees met wie my lewenspad mag kruis.
Ek loof U, ek eer U, want U is my Almagtige Heer en Vader. Amen.

This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s