Ons beste jare..

Raymond.J.Schutte

Jy sê die beste jare is verby ons
Hoe kan twee mense met soveel verskille na die wêreld kyk?
Op een ding gee ek jou egter gelyk
My hart is nog altyd joune

Die wêreld is ‘n dimensie vol drome
Persentasie gewys, wonder ek hoeveel word regtig waar?
Ek kon nog altyd vir ure net na jou staar

Die nag is bedoel vir passie
Word jou hart eerder veilig in jou huisie toegesluit?
Die lewe saam jou was nog altyd voluit

Om ‘n oggend saam tegemoet te gaan
Hoe spesiaal is die wete jy pal in iemand se gedagtes is?
Ons liefde eindig altyd onbeslis

Die mens is die volmaakte swakkeling
So vol van homself en tog so maklik in duie gestort?
Jou liefde is al wat op die einde skort

Jy sê die beste jare is verby ons
Hoe kan twee mense met soveel verskille na die wêreld kyk?

View original post 15 more words

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s